Sioka pleit vir genade by regter

Die Namibiese minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn het gepleit by hoërhof regter Nate Ndauendapo om haar nie te straf vir haar versuim om haar ministerie se plan vir die skepping van kinder-vriendelike aanhouding betyds in te dien. Die saak, wat deur die ombudsman John Walters gebring is, is reeds op 7 Junie gefinaliseer en haar stukke is eers op 14 Junie ingedien. Ndauendapo het haar vroeër opdrag gegee om ‘n askieplan oor veilige aanhouding vir kinders voor 31 Maart vanjaar in te dien. Sioka het aan die regter gesê die proses het langer gevat as wat aanvanklik beplan is. Walters het aan die hof gesê dat as gevolg van Sioka se versuim om te antwoord, moet die hof in sy guns bevind. Ndauendapo sal op 8 Maart volgende jaar uitspraak in verband met Sioka se aansoek vir kondonasie lewer. Sioka gaan gebuk onder kritiek uit verskeie oorde omdat daar gemeen word sy voldoen nie aan haar pligte om vroue en kinders te beskerm nie.