Blatter, Platini aangekla vir bedrog

Switserland het twee gewese grootkoppe van die spel aangekla van onder meer bedrog. Fifa se voormalige president, Sepp Blatter, en die oud-president van Uefa, Michel Platini, moet teregstaan oor ‘n ongemagtigde betaling van byna 34 miljoen Namibiese dollar wat Blatter in 2011 vir Platini gereël het. Switserse aanklaers sê die betaling het Platini onregmatig verryk. Die saak het sy oorsprong in 2015 en albei mans is intussen uit die sport verban. Hulle sal in Bellinzona verhoor word.