Aanbod vir Air Namibia?

‘n Suid-Afrikaanse lugredery, BDS Airways, het volgens Namibiese media ‘n aanbod gemaak om die gelikwideerde nasionale lugredery, Air Namibia, te koop. BDS Airways het deur sy regsfirma, Murorua Kurtz Kasper, op 18 Oktober skriftelik aan Air Namibia se likwidateurs, David Bruni en Ian McLaren, hul aanbod van 3,2 miljard Namibiese dollar vir Air Namibia gemaak.