Unam-student maak verkragtingsaak aanhangig

‘n Verkragtingsaak is deur ‘n vroulike student van die Universiteit van Namibië by die Namibiese polisie aanhangig gemaak. Die student meen die universiteit beskerm die leierskap van die Namibiese Studente-unie, maar die verdagtes is volgens Unam geskors. John Haufiku, openbare skakelbeampte van Unam het die voorval aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig en gesê die saak is nou in die hande van die polisie.

Haufiku het ook ‘n beroep op studente gedoen om die slagoffer tydens die saak te ondersteun.