Biskop en pastore van Elcin vir bedrog ondersoek

Die Namibiese polisie in die Omusati-streek ondersoek ‘n saak van bedrog nadat ‘n afgetrede biskop en twee pastore van die Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië by die Nakayale-gemeente in Outapi, die kerk na bewering met 3,4 miljoen Namibiese dollar bedrieg het. Die geld, wat glo oor drie maande verduister is, is nog nie teruggevind nie en die verdagtes wat bekend is, moet nog in hegtenis geneem word. Omusati se streeksbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson sê die verdagtes sal ‘n saak van diefstal, bedrog en korrupsie in die gesig staar. Die verdagtes sal eers in hegtenis neem wanneer hul ondersoeke afgehandel is. Kommissaris Basson sê aan Kosmos 94.1 Nuus die beweerde misdaad het tussen Maart en Mei 2016 plaasgevind.