DA-leier verwelkom ramptoestand oor kragkrisis

DA-leier John Steenhuisen sê dit is hoog tyd dat die ANC-regering die kragkrisis tot ramptoestand verklaar. President Cyril Ramaphosa het by die ANC-lekgotla aangekondig dat werk reeds in die regering gedoen word om vas te stel of die wettige vereistes van ‘n nasionale ramptoestand nagekom word en watter stappe gedoen moet word. Steenhuisen sê die DA vra vir ‘n gespesifiseerde ramptoestand rondom Eskom om plundering te vermy.