Suid-Afrika skuif een punt af op Korrupsie-indeks

Suid-Afrika het met een punt, van 44 tot 43, afgeskuif op Transparency International se 2022 Korrupsie-persepsie-indeks. Die aanwyser plaas 180 lande, volgens die publiek se waarneming wat korrupsie betref, op ‘n skaal van nul wat hoogs korrup is, tot 100 waar geen korrupsie plaasvind nie. Die grootste deel van die wêreld misluk steeds in die stryd teen korrupsie. 95 persent lande het sedert 2017 min of geen vordering gemaak nie. Karam Sing van Corruption Watch sê wat dit kommerwekkend maak is dat Suid-Afrika verswak het op ‘n tydstip toe dit lyk asof daar vordering is ná die Zondo-kommissie se bevindings.