Bipa sal uitstaande heffings opvolg

Die Namibiese owerheid vir besigheid en intellektuele eiendom, Bipa, sê besighede wat nie op datum is met heffings wat aan die owerheid betaalbaar is nie, loop die risiko om gederegistreer word. Volgens die owerheid se skakelbeampte, Ockert Jansen, sal hulle ook opvolg met besighede wat agterstallig is. Rente en boetes word ook op uitstaande heffings toegepas. Intussen het die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, Charity Mwiya, ‘n beroep op Bipa gedoen om nie die rente en boetes op SME-maatskappye toe te pas nie. In haar mening is die besighede uiters belangrik vir werkskepping en die ekonomie. Sy sê in ontwikkelende lande soos Namibië, is die maatskappye verantwoordelik vir 90 persent van nuwe werksgeleenthede en dra tot 70 persent by tot die BBP. Covid het baie besighede in die sektor lamgelê, sê sy.