N$10m se boetes in een week in Wes-Kaap

Terwyl Namibië ook sukkel met padveiligheid en bestuurders wat nie by die padreëls hou nie, het die Wes-Kaapse LUR vir Vervoer en Openbare Werke Daylin Mitchell gesê meer as 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand se verkeersboetes is die afgelope week opgelê vir motoriste in die provinsie. Dit sluit in boetes vir dronkbestuur, oormatige spoed en roekelose bestuur. Mitchell het bevestig 36 mense het op die provinsie se paaie gesterf. Hy maan padgebruikers om by die verkeersreëls te hou om te keer dat hulle met misdaadrekords sit.