Jay-Z en Beyoncé ding mee by die Oscars

Die sterpaartjie Beyoncé en Jay-Z staan albei ‘n kans om die Oscar-toekenning vir die beste oorspronklike liedjie te wen. Beyoncé se ballade Be Alive is geskryf vir die biografiese tennis-rolprent King Richard, wat handel oor tennisspelers Serena en Venus Williams se pa. Be Alive is op ‘n lys van 15 liedjies wat tot vyf verminder sal word. Jay-Z het die cowboy-fliek The Harder They Fall vir Netflix vervaardig en saam met Kid Cudi die liedjie Guns Go Bang vir die klankbaan geskryf. Billie Eilish se James Bond-temalied No Time tot Die het ook die lys gehaal. Die toekennings word 27 Maart gedoen.