Bipa ondersteun entrepreneurs in die noorde van die land

Beamptes van die Besigheid en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, is op Ongwediva vir die Pitching For Resilience-program van SMEs Compete. Die beamptes van Bipa sal ondesteuning en advies aan entrepreneurs oor besigheidsregistrasie en leningsaansoeke doen. Danny Meyer, direkteur van SMEs Compete sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is verblydend dat Bipa die entrepreneurs help.