Nienaber en Kolisi oor die All Blacks wedstryd

Rugby: Die hoofafrigter van die Springbokke, Jacques Nienaber, en kaptein Siya Kolisi het die span se spel in gister se Kampioenskap-wedstryd teen die All Blacks, geloof. Hulle sê die eindresultaat kon in hul guns gewees het. Die Kiwis het met 19-17 gewen. In nog ‘n Kampioenskap-wedstryd in Townsville, Australië, het die tuisspan vir Argentinië met 27-8 geklop. Na vorige oorwinnings oor Suid-Afrika, het die Wallabies nou vir die eerste keer in vier jaar drie opeenvolgende toetse gewen.