Voëlgriep raak Suid-Afrika se pluimveebedryf

Meer as 2,7-milljoen hoenders is vankant gemaak weens die uitbreek van voëlgriep in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging sê die uitbreking raak nie net handelsboere nie, maar ook handels-braaihoenderproduksie. Die vereniging sê besmettings het in Julie opgevlam, weens bio-sekerheidsverbrekings tydens die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng. Volgens mediaberigte in die buurland hou dit ernstige geldlike gevolge vir die bedryf in.