BIG vorm deel van ekonomiese herstel

Die Namibiese regering het, in reaksie op toenemende druk vir ‘n basiese inkomste toelaag gesê begunstigdes van die Voedselbank sal voordeel trek. Maar, die koalisie wat hom plaaslik beywer vir die toelaag sê dit vorm deel van ekonomiese herstel en stimulus. Rinaani Musutua van die koalisie het dit so verwoord.