Kommer oor die Cele-Sitole drama

Action Society in die buurland sê dit lyk asof die ANC se invloed op die polisie nou finaal die gebroke wetstoepassingsinstelling op sy knieë gedwing het terwyl politieke binnegevegte sy integriteit vernietig het. Die minister van polisie, Bheki Cele, en die nasionale polisiekommissaris, Khela Sitole, is steeds haaks, met Cele wat Sitole onlangs beskuldig het dat hy hom as minister wil verwyder. Ian Cameron van Action Society sê Sitole en Cele moet afgedank word want Suid-Afrikaners verdien ‘n polisiediens wat bo verdenking is: