Rundu moet betaal, of ons sny af – Nehemia

Selfs met die ontwikkeling van ‘n nuwe watersuiweringsaanleg by Rundu, kan water steeds afgesny word as die Rundu dorpsraad nie sy uitstaande skuld by NamWater betaal nie. Dit is volgens die watervoorsiener se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia. Rundu het die afgelope dekade herhaalde krisisse beleef, met sy skuld aan NamWater wat meer as 124 miljoen Namibiese dollar beloop, terwyl inwoners die dorpsraad sowat 300 miljoen Namibiese dollar skuld. Volgens Nehemia is die Rundu se skuld is die gevolg van die produk wat aan hulle gelewer is en vir enige water wat aan ‘n kliënt verskaf word, moet betaal word