Biden, Zelensky sê Putin het oorlogsmisdade gepleeg

Amerikaanse President Joe Biden sê die Russiese President Vladimir Putin hét oorlogsmisdade gepleeg en daarom is die besluit van die Internasionale Strafhof om ‘n lasbrief vir sy in hegtenisneming uit te reik, geregverdig. In Kiëf het President Volodimir Zelensky ook die nuus verwelkom dat Putin nou as ‘n vermeende internasionale misdadiger beskou word. Rusland het egter beklemtoon dat hy nie ‘n lid van die Rome-statuut is nie, daarom is die besluite van die Internasionale Strafhof betekenisloos.