EFF gaan voort met nasionale stilstand

Die EFF gaan môre voort met die nasionale stilstand ondanks verskeie hofinterdikte of polisieteenwoordigheid. Die betoging is om protes aan te teken teen die huidige energiekrisis, voedselonsekerheid, die sukkelende ekonomie en vir President Cyril Ramaphosa om te bedank. Verskeie hooggeregshowe het beveel die stilstand mag voortgaan. Geen geweld, plundery of intimidasie sal egter toegelaat word nie. Die adjunk-president van die EFF, Floyd Shivambu, het gesê die land is in ‘n groot krisis.