Rugby: Ierland verower vierde Sesnasies-titel

Rugby: Ierland het Engeland met 29-16 in Dublin geklop om sy vierde Sesnasies-titel te verower. Frankryk het vroeër vir Wallis met 41-28 geklop, terwyl Skotland ‘n oorwinning van 26-14 oor Italië op Murrayfield behaal het. Italië is vir die agste keer in die laaste plek.