Biden vermoed Russiese inval in die Oekraïne is binne ‘komende dae’

Amerikaanse President Joe Biden sê hy is oortuig dat President Vladimir Poetin van Rusland besluit het om die Oekraïne aan te val en dat ‘n aanval binne die “komende dae” kan plaasvind. Internasionale media berig Biden het gesê die ontleding is gegrond op Amerikaanse intelligensie wat daarop dui dat die hoofstad, Kiëv, geteiken sal word. Rusland ontken dat hy beplan om die Oekraïne in te val.