Wyle dr. Japie van Zyl se Mars-helikopter al een jaar op Rooi Planeet

Die Perseverance-maantuig en Ingenuity, die Mars-helikopter, wat die wêreldbekende Namibiese ruimtewetenskaplike, wyle dr. Japie van Zyl, help ontwikkel het, is vandag een jaar op Mars. Dit is ‘n mylpaal wat selfs Nasa se wildste drome oortref het. Ingenuity is ontwerp om net vyf vlugte op die Rooi Planeet te onderneem, maar het al 19 vlugte voltooi.