Biden sê Russiese inval is ‘n verenigde stryd teen tirannie

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê Rusland se inval in Oekraïne is ‘n verenigende stryd, in wat hy beskryf as demokrasie se nuwe tweestryd met tirannie. Hy het in sy jaarlikse staatsrede in die Huis van Verteenwoordigers in Washington gesê demokrasieë wêreldwyd staan saam en kies die kant van vrede en veiligheid. Biden waarsku ‘n lang stryd lê voor. Internasionale media berig die Russiese President, Vladimir Putin, het daarin geslaag om die meeste van Washington se ernstig-strydende faksies teen ‘n nuwe gemeenskaplike vyand en saak te verenig.