Lufthansa, KLM vlieg nie meer na Rusland

Terwyl die Europese Unie Russiese lugrederye en hul vliegtuie uit hul lugruim wil verban, het Duitsland se Lufthansa-lugredery en Nederland se KLM aangekondig hulle vlieg nie Rusland toe nie. Die besluit van beide lugrederye volg op Rusland se inval in die Oekraïne. Lufthansa het in ‘n verklaring gesê dit sal nie deur Russiese lugruim vlieg nie of geskeduleerde vlugte na die land vlieg nie. Herbert Burmeister, uitvoerende hoof van Trip Travel Namibia verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat lugrederye en reisagente doen om geraakte passasiers te help.