87 vermeende onwettige myners in Noordwes bly in aanhouding

Altesaam 87 vermeende onwettige myners in Noordwes sal agter tralies bly tot en met hulle volgende hofverskyning op 6 April. Die Stilfontein streekhof het hulle saak vir verdere ondersoek uitgestel. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Henry Mamothame, sê die beskuldigdes is in Oktober in Orkney in hegtenis geneem, ná ‘n skietgeveg met die polisie.