Biden se klimaat, medisyne & belasting wetgewing uiteindelik deur

Die Amerikaanse vise-president Kamala Harris het haar stem gebruik om te verseker dat die Inflation Reduction-wetgewing in die VSA deurgevoer word. Nie een Republikein het in die senaat ten gunste van die wetgewing, wat goedkoper medisyne verseker, meer belasting vir die superrykes laat betaal en die klimaatkrisis aanspreek, gestem nie. Die huis was 50-50 en met Harris se stem, is dit deurgevoer. Dit word as histories geag omdat Washington sedert 1981 belowe om klimaatsverandering aan te spreek. President Joe Biden het met die media gepraat.