Musk jaag Man-U-wêreld op hol met twiet

‘n Twiet deur die miljardêr Elon Musk, het die sportwêreld op hol. Hy het so vier ure gelede geskryf: ‘Also, I’m buying Manchester United ur welcome’. Die Amerikaanse Glazer-familie besit sedert 2005 die sokkerklub en daar is nie op die oomblik enige berigte dat die klub te koop is nie al is die Glazers ongewild onder die klub se ondersteuners. Man-U is ook op die oomblik in sak en as omdat hulle heel onder aan die Britse Premierliga se punteleer is. Intussen, sal die saak waar Twitter Musk dagvaar vir sy ommekeer met die aankoop van die sosiale media platform in Oktober in die VSA aangehoor word.