Biden ontmoet Pous Franciscus in Rome

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het pous Franciscus en die Italiaanse regering
ontmoet voor die G20-beraad in Rome hierdie naweek. Biden en sy vrou, Jill, het ‘n uur
lank met die pous vergader voordat hulle die Italiaanse premier Mario Draghi en
president Sergion Mattarella ontmoet het. Die Amerikaanse leier sal na verwagting
vandag ‘n reeks belangrike vergaderings met wêreldleiers bywoon voordat hy na
Skotland vertrek om die Verenigde Nasies se klimaatberaad, Cop26, wat môre in
Glasgow begin, by te woon.