Lekker rugby vandag

Rugby: Die Sprinbokke gaan waarskynlik vandag hulle status as die wêreld se nommer-een-span op die wêreldranglys teen die All Blacks verloor. Suid-Afrika is bo aan die punteleer met 91,13-punte, slegs 0,16-punte voor die All Blacks. Terwyl die Springbokke nie die naweek speel nie, meet Nieu-Seeland kragte met Wallis – ‘n wedstryd wat buite die erkende internasionale toets-skedule val. ‘n Oorwinning vir die Kiwi’s kan hulle status verhoog. Die wedstryd skop net ná ses vanaand, Suid-Afrikaanse tyd, af.