Eerste Covid-19-geval in Tonga

Die eiland-nasie Tonga, het sy eerste Covid-19-geval aangemeld ná ‘n reisiger van
Nieu-Seeland positief getoets het. Gesondheidsamptenare sê die reisiger was ten volle
ingeënt en het voor sy vlug negatief getoets. Die eerste minister van Tonga, Pohiva
Tu’i’oneta, het in ‘n radio-onderhoud gesê die reisiger was onder 215 passassiers wat
die week op ‘n vlug van Christchurch aangekom het en is in ‘n hotel in afsondering.