Biden hou vol China weerhou inligting oor Covid-19

President Joe Biden van Amerika hou vol dat China steeds belangrike inligting weerhou oor waar presies Covid-19 vandaan kom. Dit volg nadat die Amerikaanse intelligensiegemeenskap bekendgemaak het dat hulle glo nie die virus was ‘n sogenaamde biowapen nie. China kritiseer intussen Amerika oor die politisering van pogings om die oorsprong van die koronovirus vas te stel. Beijing beweer dat die virus dalk uit ‘n laboratoruim by die Amerikaanse weermag se Fort Detrick-basis in Maryland gekom het.