Rebelle vermoor burgerlikes in die DRK

Ugandese rebelle het 19 burgerlikes in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo vermoor. AFP berig 14 liggame is gister gevind, ‘n dag na die aanval op die Kasanzi-nedersetting in die Beni-streek van Noord-Kivu. Beni is die middelpunt van ‘n gebied waar die Geallieerde Demokratiese Magte, wat by die Islamitiese Staat geaffilieer is, dodelike aanvalle loods. Die provinises van Noord-Kivu en Ituri is sedert Mei onder beleg.