Beweging oorweeg opsies vir geregtigheid in Zambezi

Die Namibian Lives Matter-beweging het na die beslissing deur die Botswana-landdroshof dat lede van die buurland se weermag nie verantwoordelik is vir die dood van die vier Nchindo-familielede nie, besluit hulle sal die kwessie internasionaal neem. Volgens Sinvula Mudabeti, die voorsitter van die beweging, het hul regshulp ingewin en oorweeg op die oomblik ‘n moontlike appèl in die buurland se hoërhof maar is ook besig met ander stappe.