Elektrisiteit onder die loep by die kus

Die Streeksenergie Reguleerders-vereniging van Suider-Afrika hou vandeesweek hul jaarlikse konferensie en jaarvergadering op Swakopmund. Die tema is die verbetering van elektrisiteitstoegang en -prestasie. Tussen 70 en 100 afgevaardigdes van die Suider-Afrikaanse streek en ander dele van die wêreld sal die konferensie bywoon. Die uitvoerende direkteur van die vereniging, Elijah Sichone, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.