Beurtkrag kan enige tyd ingestel word – Eskom

Eskom het bekend gemaak elektriese foute het vanoggend daartoe gelei dat vyf opwekkingseenhede by die Kriel-kragstasie in Mpumalanga buite werking is. Die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die foute het gelei tot die verlies van 2 000 megawatt op die stelsel, wat beteken daar is ‘n groot moontlikheid dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word: