Ondersteuning vir Trump daal onder Republikeine

‘n Nuwe peiling deur Reuters en Ipsos toon dat Republikeinse ondersteuning vir oudpresident Donald Trump ietwat teruggesak het. In ‘n opname wat vroeg in Junie gedoen is het ‘n kwart van respondente geglo dat Trump nie moet staan in die 2024 verkiesing nie maar, ‘n nuwe opname net na die agtste openbare verhoor van die gekose komitee wat die 6 Januarie opstand ondersoek, glo ‘n derde van respondente hy moet nie deelneem nie. So ook het ondersteuning vir hom gedaal. In April het 33 persent van Republikeine geglo dat Trump wel verantwoordelikheid het vir die gebeure op 6 Januarie maar ‘n peiling 48-uur voor die agtste uitsending van die gekose komitee se verhore, het reeds 40 geglo dat Trump tot ‘n mate verantwoordelik is.