Stad Whk se uitvoerende hoof: Daar was baie ongerymdhede

Die voorsitter van Stad Windhoek se bestuurskomitee Larandja Ndeshihafela, het vanoggend meer inligting bekend gemaak oor die vertraging in die aanstelling van ‘n hoof uitvoerende beampte vir die munisipaliteit. Sy het verskeie ongerymdhede in die proses uitgelig en sê die komitee is nie tevrede nie.

Die burgemeester, Sade Gawanas, het gepoog om die perskonferensie te stop en het uitgestap nadat Ndeshihafela besluit het om voort te gaan daarmee. Daar word ook berig dat raadslede nie ingelig is oor die byeenkoms nie.