Besware teen Heineken se aankoop van NBL sluit môre

Dit is môre die laaste dag vir besware teen die aankoop van Namibië Brouerye deur Heineken. Die Namibiese Mededingingskommissie sê enige besware moet die kwessie van verminderde kompetisie in die land se bierbedryf aanspreek. Die aankoop van Distell se Namibiese bedrywighede deur NBL kan ook aangespreek word. Sou die ooreenkoms beklink word sal Heineken beheer hê oor al die produkte van Namibië Brouerye, sowel as Distell in die land.