Bestuur veilig, sê Bekhi

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, doen ‘n beroep op alle motoriste om veilig en bedagsaam te bestuur om die veiligheid van ander padgebruikers en voetgangers te verseker. Hierdie tyd van die jaar is die veiligheid van alle padgebruikers, insluitend voetgangers, hulle grootste bron van kommer. Verkeersbeamptes en ander wetstoepassers sal in volle sterkte besig wees om seker te maak mense kom die wet na en dat verkeer op paaie glad vloei.