Landbou, visserye, bosbou dra 7,6% tot BBP in derde kwartaal by

Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap het die sektore van landbou, bosbou en visserye 3,4 miljard Namibiese dollar, of 7,6 persent, in die derde kwartaal tot die BBP bygedra. Die landbousektor het die hoogste bydrae van 4,5 persent gelewer, gevolg deur die visserysektor met 2,8 persent en die bosbou-subsektor met 0,3 persent. As na die produksie van graangewasse in die kwartaal onder oorsig gekyk word, het die produksie van graangewasse op 47 991 ton gestaan, meer as die 34 289 ton wat in dieselfde kwartaal van 2020 aangeteken is. Witmielies was die hoogste geproduseerde graan, wat 96,9 persent van die totale graan uitmaak. Wallie Roux, ‘n landbou-kenner gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.