Beperking op ouderdom van ingevoerde motors

Die Namibiese Inkomstediens het ‘n stokkie gesteek voor die invoer van tweedehandse motors wat ouer as agt jaar is, van buite die gemeenskaplike doeane-gebied van Suidelike-Afrika. Die stap sal ‘n wesenlike impak op invoere vanuit Japan. Die Inkomstediens in samewerking met die Padagentskap en die polisie, is besig met ‘n veldtog om onwettige motorverkope en bedrog met voertuig-registrasies vas te vat. Alle voertuie wat na Namibië ingevoer word, is onderhewig aan invoerpermitte en voor registrasie moet ‘n doeane-klaringsertifikaat eers verkry word.