Gewone maatreëls moet steeds nagekom word – Tedros

Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê Omikron versprei vinniger as enige ander vorige variant van Covid-19. Hy sê terwyl entstowwe steeds doeltreffend is, kan Omikron gesondheidstelsels oorweldig en het mense gemaan om die gewone maatreëls steeds noukeurig na te kom.