Belangstelling in MTC-aandele is yslik

MTC is tans op besoek regoor die land om lede van die publiek in te lig oor hoe om aandele in die maatskappy te bekom. Die prospektus is op 20 September bekend gemaak en die maatskappy poog dat aandele deur Jan Alleman bekom word met ‘n minimum van 1 700 dollar wat nodig is om in te koop. Tim Ekandjo, die hoofbeampte vir korporatiewe aangeleenthede het die jongste so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.