Verpligte inenting in die soeklig

Verpligte inenting is volgens Namibia Fact Check die jongste teiken van fopnuus, soveel so, dat die No Mandatory-beweging internasionaal ontstaan het. Die beweging staan ook inentingspaspoorte teen. Volgens Frederico Links van Fact Check, word veral die motiewe vir verpligte inentings bevraagteken. Hy sê vreemde aantygings word gemaak soos dat 60 persent van hospitaliserings Covid ingeënte persone is, wat onwaar is. Die newe-effekte is ook baie goed gepuliseer en meer inligting is oor die inentings bekend as in enige ander geval in die geskiedenis van inentings. Links het bygevoeg dat terwyl daar mense is wat vra hoekom die gebruik van ander doeltreffende middels nie bevorder word nie, dat daar geen goedgekeurde middels vir Covid-19 is nie.