SA se DNS-raad moet waai

Die Suid-Afrikaanse burgerregtegroep Action Society eis die afdanking van die Nasionale Forensiese Toesighoudende en Etiekraad, kortweg bekend as die DNS-raad. Die drukgroep sê die geval van ‘n 12-jarige seun wat tussen 2013 en 2017 verkrag en mishandel is, is een van die duisende sake wat die raad afgeskeep het weens sy versuim op te tree. Ian Cameron van Action Society sê die raad het vanjaar nog net een maal vergader, terwyl die agterstand met die ontleding van DNS-monsters vererger sonder enige teken van vordering. Hy sê die regstelsel faal slagoffers van geweldsmisdaad in Suid-Afrika: