Bek-en-klouseer-gevalle styg in Noordwes

Die Suid-Afrikaanse departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling sê die aantal uitbrekings van bek-en-klouseer in Noordwes het die afgelope twee weke toegeneem tot 14. Alle eiendomme en aangrensende persele wat geraak is, is onder kwarantyn geplaas. Beeste op die betrokke eiendomme word ingeënt om die besmettings te verminder. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die eiendomme sal op ‘n beheerde wyse ontruim word. Ngcobo voeg by in Limpopo is altesaam agt positiewe gebiede sedert April in die Thulamela-omgewing geïdentifiseer.