Twee Covid-sterfgevalle aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het die Covid-sterfgevalle van twee vroue op Onandjokwe en Engela aangemeld, asook 40 nuwe Covid-gevalle uit 404 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 9,5 persent verteenwoordig. In die groep is twee elk leerders en gesondheidswerkers en een student. Daar is nou 786 aktiewe gevalle, waarvan 46 pasiënte in hospitale in elf streke is en twee in hoësorgeenhede. Altesaam 24 persent van die teikenbevolking van 60 persent is ten volle ingeënt.