Matie-student verskyn voor dissiplinêre komitee

‘n Student aan die Universiteit Stellenbosch, Theuns du Toit, verskyn voor die universiteit se sentrale dissiplinêre komitee oor die beweerde oortreding van die gedragskode vir studente. Die geskorste student word beskuldig van ‘n beweerde rassistiese voorval wat in Mei in die Marais-koshuis plaasgevind het. Du Toit is op kamera gevang waar hy op ‘n eerstejaar-landboustudent, Babalo Ndwayana, se lessenaar urineer. Ndwayana word verteenwoordig deur Unisa se regshulpkliniek.