Begranisondernemers ens., sê hulle word miljoene deur SSC geskuld

Plaaslike media berig dat begrafnisondernemers sê die Maatskaplike Voorsorgkommissie skuld hulle meer as 2 miljoen Namibiese dollar in begrafnis eise. Die eise is vir pensioenarisse wat staatspensioen ontvang. Daar is ‘n 4 500 dollar voordeel wat die kommissie moet betaal wanneer die pensioenarisse sterf. Die ondernemers sê hulle betaal op die oomblik die koste van die begrafnis self omdat die kommissie so lank vat om te betaal. Volgens die berigte, sê die kommissie daar is uitdagings met hulle stelsels wat op die oomblik opgegradeer word en inligting moet oorgeplaas word. Vervaardigers van doodskiste sê hulle word meer as ‘n miljoen dollar geskuld en grafsteen vervaardigers sê net minder as 500 000 is uitstaande.