‘n Derde van SA se skoolmeisies raak swanger

Namibië het groot uitdagings met tienerswangerskappe met ‘n gemiddeld van 1 500 jaarliks. Tydens die 2020 Maart tot Julie-inperkings het 3 323 skoolmeisies swanger geraak. In Suid-Afrika lyk die syfers effe erger. Byna ‘n derde van die tienermeisies in die buurland raak swanger, en meer as 65 persent hiervan is onbeplande swangerskappe. Die Departement van Basiese Onderwys het hierdie skokkende getal aan die departement se Parlementêre komitee bekend gemaak. Die departement sê tienerswangerskappe neem sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie toe, en ‘n holistiese benadering is benodig om swangerskappe onder jong meisies tussen 10- en 19-jaar-oud te voorkom. Charlene du Toit, ‘n verslaggewer in die buurland het meer besonderhede: