Taliban-regering sluit erkende ‘terroriste’ in

‘n Man met ‘n Amerikaanse losprys van 70 miljoen Namibiese dollar op sy kop is aangewys as Afghanistan se waarnemende minister van binnelandse sake toe die Taliban sy tydelike regering aangekondig het. Sirajuddin Haqqani is die leier van die Haqqani-netwerk wat deur Amerika as ‘n terreur-organisasie beskou word. Die veteraan-leier Mullah Mohammad Hassan Akhund is die tussentydse premier en Mullah Abdul Ghani Baradar sy adjunk. Daar is geen vroue aangekondig nie. Media berig die aankondigings gee ‘n aanduiding hoe die land se nuwe regime uiteindelik sal lyk.